Pukki-verblyf VERHURINGS
Skakel ons: (018) 100 0040

Gereelde Vrae

Wat is Pukki-verblyf?

Die NWU-PUK vergemaklik die proses om goeie, betroubare verblyf te kry. Pukki-verblyf is n eiendomsagentskap op kampus wat spesialiseer in studentebehuising om dit vir jou makliker te maak om veilige, bekostigbare verblyf te bekom. Dit bied ook gemoedsrus vir eienaars van studente-eenhede om seker te maak hulle eenhede is te alle tye beset met die regte huurders.

Wie kan Pukki-verblyf gebruik?

Enige iemand wat verblyf soek in die Potchefstroom-omgewing. Dit sluit in voornemende, senior en ook nagraadse studente. Hierdie webtuiste kan ook deur Internasionale studente en personeel van die Universiteit gebruik word.

Indien ek belangstelling toon in 'n eenheid, is ek verplig om die eenheid te vat?

Indien jy belangstelling toon, sal die stelsel die betrokke verhuurder en/of eiendomsagent in kennis stel. Hulle sal u dan binne 48 uur skakel en opvolg. Daar is egter geen verpligting om die eenheid te neem as jy belanggestel het nie.

Is daar kostes aan registrasie verbonde?

Daar is geen registrasiefooie verbonde aan die webtuiste nie. Die registrasieproses help net om jou inligting daar te stel vir die eiendomsagent indien jy belangstel in 'n eenheid.

Kan ek belangstel in meer as een eenheid op 'n keer?

Ja, dit is moontlik. Indien dit deur meer as een eiendomsagent verhuur word sal jy dan 'n oproep ontvang van die verskillende agente af.

Word die persoonlike inligting wat ek invul konfidensieel hanteer?

Hierdie inligting kan net gebruik word deur die stelsel en word nie versprei nie. Slegs as jy aandui dat die jy belangstel in 'n eenheid, sal jou inligting aan die betrokke eiendomsagent gestuur word. Hulle sal dan ook net opvolg oor die betrokke eenheid, soos in die ooreenkoms met hulle vervat is.

Wie is die verhuurders?

Pukki-verblyf is 'n eiendomsagentskap op kampus wat verblyf makliker bekombaar maak vir persone wat met die Universiteit geaffilieer is. Die verhuurders is privaat-eienaars wat 'n mandaat aan die agentskap gegee het om dit namens hulle te verhuur.

Hoe word ek 'n verhuurder?

Indien jy moontlik 'n eenheid wil verhuur deur Pukki-verblyf kan jy 'n e-pos stuur na info@nwupukkiverblyf.co.za en daar sal met jou in verbinding getree word.

Wat is die teiken-intrekdatum?

Hierdie is die datum wat jy van plan is om in te trek. As jy 'n teiken-intrekdatum insleutel sal die webtuiste 45 dae voor en na die beplande datum soek.

Wat is 'n bachelors?

Hierdie is 'n eenheid waar een persoon bly. Dit is 'n oopplan-woonstel met 'n badkamer en 'n kombuis-area. Die kamer is ook die leefarea in die geval.

Wat is 'n kamer in 'n meenthuis of woonstel?

Hierdie is gewoonlik 'n kamer wat binne 'n meenthuis en/of woonstel verhuur word. Die persoon bly dan saam met 'n ander persoon in die eenheid.

Wat is 'n tuinwoonstel?

Hierdie is gewoonlik 'n eenheid op 'n huis se erf, wat apart van die hoofhuis funksioneer.

Wat is 'n kamer in 'n studentehuis?

'n Studentehuis word gewoonlik deur 'n eienaar of agent bestuur, waar kamers in die eenheid aan 'n student verhuur word. Die student deel dan ook gewoonlik die badkamers, die kombuis en leefarea. In sommige gevalle word addisionele skoonmaak- en tuindienste verskaf.

Wat is gedeeltelik gemeubileerd?

Gedeeltelik gemeubileerd beteken dat van die meubels beskikbaar is in die eenheid. Dit kan wees dat daar van die groter items beskikbaar gestel word soos beddens, yskaste, wasmasjiene ens. Die kriteria is egter gestel op die webtuiste, indien daar verdere vrae is daaroor.

Wat is 'n dorpskoshuis?

'n Dorpskoshuis, ook bekend as 'n Daghuis, is nie 'n gebou met kamers waar mense woon nie, maar eerder 'n term wat gebruik word om hierdie groep student te identifiseer. Hulle maak so vriende, het 'n ondersteuningsnetwerk in die dorp en neem ook in die verband deel in die georganiseerde studentelewe. Vir meer inligting kyk hierdie video.

Hoe sluit ek by 'n dorpskoshuis aan?

Jy kan gerus info@nwupukkiverblyf.co.za e-pos indien jy die registrasiedokument benodig of nog inligting wil hê ten opsigte van 'n dorpskoshuis. Navrae kan ook na die dorpskoshuis direk verwys word, want hulle weet hoeveel lede nog kan inskryf.